![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgNmhdFjVJx3dyXQShIY-P7t20qSTiiH_c9gwod22Q61dBc6vgZn-G_9vJzdVfmbFHUGpcGsBZ0g3OJjhx5yqHKot7F36k3nUuBBRHYVDWTneHZYyBLywLZuAbK_W8I9JcY1XqsUmxiNs8/s760/earlyeducation.jpg)
Monday, 7 May 2012
Wat is die beste vir die kinders van vandag
My ervaring met skool was eienaardig, lekker. Ek het gekonsentreer op akademie, maar ek het ook deel gehad aan die kultuur en die sport van my skool. Boonop was ek nie altyd die beste redenaar kanidaat nie,maar het tog daaraan deel geneem. Ek het nie altyd die bekers gekry vir die beste atleet nie, maar tog het ek dit geniet. Dit voel vir my of die kinders van vandag slegs aan iets deelneem wanneer hulle die beste is en dus ontrek al die kinders van die aktiwiteite wat die skool aanbied en gaan sit eerder by die huis en staar na die kassie. Waar is ons probleem - by die kinders, ouers of onderwysers wat die kinders te veel druk om altyd die beste te wees? Is dit werklik nodig om die beste te wees? Of tel dit ook as mens dit wat jy doen, geniet?
Subscribe to:
Posts (Atom)