![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgNmhdFjVJx3dyXQShIY-P7t20qSTiiH_c9gwod22Q61dBc6vgZn-G_9vJzdVfmbFHUGpcGsBZ0g3OJjhx5yqHKot7F36k3nUuBBRHYVDWTneHZYyBLywLZuAbK_W8I9JcY1XqsUmxiNs8/s760/earlyeducation.jpg)
Monday, 7 May 2012
Wat is die beste vir die kinders van vandag
My ervaring met skool was eienaardig, lekker. Ek het gekonsentreer op akademie, maar ek het ook deel gehad aan die kultuur en die sport van my skool. Boonop was ek nie altyd die beste redenaar kanidaat nie,maar het tog daaraan deel geneem. Ek het nie altyd die bekers gekry vir die beste atleet nie, maar tog het ek dit geniet. Dit voel vir my of die kinders van vandag slegs aan iets deelneem wanneer hulle die beste is en dus ontrek al die kinders van die aktiwiteite wat die skool aanbied en gaan sit eerder by die huis en staar na die kassie. Waar is ons probleem - by die kinders, ouers of onderwysers wat die kinders te veel druk om altyd die beste te wees? Is dit werklik nodig om die beste te wees? Of tel dit ook as mens dit wat jy doen, geniet?
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Ek dink dis baie waar - ouers moet hul kinders eerder aanmoedig om deel te neem, as om altyd te poog om net die beste te wees.
ReplyDeleteEk dink ouers en onderwysers moet baie aandag gee aan leerders. Hulle moet leerders motiveer en ondersteun met alles wat hulle doen. Ouers moet leerders nie te veel onderdruk plaas nie.
ReplyDeleteEk is van mening dat daar te veel klem op prestasie gele word. Op skool het ek aan jukskei deelgeneem en ook jaarliks aan die redenaars en interhuisatletiek. Ek is nie sportief nie, maar die deelname het getel vir die koshuis en die gees in die skool verhoog. Almal het deelgeneem net ter wille van die gees! Die atlete wat uitsonderlik presteer het of netbalspelers wat vir die SA-span gespeel het was ook van my vriendinne en alhoewel almal saam trots was op hulle, was daar nie meerderwaardigheid nie en almal wou deelneem al kom jy laaste ter wille van die gees in die skool.
ReplyDeleteMy punt is: leerders moet aangemoedig word om deel te neem, maar moenie te veel gedruk word om te presteer nie. Bou voort aan die presteerders maar vestig die gedagte dat deelname net so belangrik is!
In die opmerkings oor hoe elkeen van ons voel oor - deelname van kinders. Kom ek tot die konklusie dat dit is onnodig van ouers en onderwysers en selfs kinders om onnodige druk op kinders te plaas om altyd die beste te wees. Die sleutel tot sukses is motivering en daar by gese, is dit toepaslike motivering, sonder druk en sonder die asems van sukses-gedrewe-mense in jou nek. Kom ons span saam en wys vir die kinders dat al waaroor dit gaan is - deelname. En dan as jy toevallig goed is in dit wat jy doen, beteken dit nie jy is verhewe bo die mense wat dit net doen omdat hulle graag wil nie. Ons kan nou se dat akademie, kultuur en sport staan op gelyke grond en met genoeg motivering kan kinders 'n gebalanseerde lewe lei sonder om te verval onder druk.
ReplyDeleteMotivering BO!!!